 |
| Leer jouself kitaar speel |
 |
Wou jy nog altyd leer kitaar speel, maar het nie tyd om vir lesse te gaan nie? Guitar.about.com is 'n kitaar website wat jou onder andere in 11 weke leer kitaar speel. En dit sluit alles in - van hoe om die kitaar vas te hou, chords, toonlere, basiese blues tot strumming patrone en chord sheets van bekende songs om op te oefen.
Hier by week 8 rond leer mens ook hoe om tablature te lees. Ek kan dit aanbeveel vir enigiemand wat wil leer speel of jy nou 'n beginner is of al so 'n paar chords ken. Gaan check dit uit, kliek hier. |
| Lees meer >> |
|
| Wat is musiek? |
 |
Wat is musiek en watter invloed het ons definisie daarvan op die musiek wat ons maak op 'n Sondag? Dit is die vraag wat ons huidiglik mee besig is in 'n 6-weke kursus by die Mosaiek Akademie, aangebied deur Johan Heystek. In die twee weke wat ons al hieroor gesels, het dit gou duidelik geword dat die definisies van musiek nogal heelwat verskil van persoon tot persoon om nie eers van een kultuurgroep na die volgende te praat nie.
Die week het ons gekyk na video clips uit Southern Gospel optredes, Afrika sangers, die Griekwa psalms en Hillsongs United in die konteks van worship en wat my getref het was hoe opreg elke groep was in hulle belewenis daarvan. Maar ten spyte van die opregtheid van elke styl, het ek ook deeglik besef dat dit vir my baie moeilik sal wees om in een van die style wat vir my minder natuurlik kom, die Here te moet aanbid Sondag na Sondag.
En tog is dit die challenge wat ons as worship leiers baiekeer in die gesig staar op 'n Sondag. Veral in kleiner gemeentes is die verskeidenheid van mense wat na 'n diens toe kom nogal uiteenlopend.
Watter styl van musiek moet ons dan maak? |
| Lees meer >> |
|
| Sertifikaat in Worship studies |
 |
Die South African Theological Seminary bied 'n kwalifikasie in worship studies aan met die doel om worship leiers toe te rus met teologiese en formele praktiese opleiding. Die kursus is geskryf deur Dr Dave Pass, wat al in verskeie lande seminare en opleiding aangebied het oor aanbidding.
Die kursus fokus op die Bybelse, historiese en praktiese aspekte van aanbidding en bestaan uit 12 modules wat deur middel van afstandsonderrig op jou eie pas voltooi kan word. Vir meer inligting, gaan na www.sats.edu.za. |
| Lees meer >> |
|
| |
| Skakels |
| |
| SongSelect |
| Hiervoor moet jy 'n CCLI nommer hê. |
| |
| CCLI |
| Christelike Kopiereg Lisensie |
| |
| WINS |
| Wie is nog stil? |
| |
|
|