 |
| Ibanez Troubadour T80 |
 |
Ibanez is ‘n welbekende en gerespekteerde naam as dit kom by elektriese en akoestiese kitare, maar min mense weet dat hulle ook al ‘n ruk speel in die amplifier mark. Met die vrystelling van die bekostigbare Troubadour-reeks akoestiese amplifiers het Ibanez die aandag weer gevestig op hulle vermoeë om iets anders te bied as die normale. Die Troubadour reeks bestaan uit onderskeidelik 10, 20, 35 en 80 Watt amps en hier kyk ons na die groot meneer – die 80-watter T80.
|
| Lees meer >> |
|
| Fishman Loudbox Mini |
 |
As dit kom by amplifiers is elektriese kitaarspelers absoluut bederf en sekerlik met reg, aangesien dit ’n kardinale deel is van die elektriese kitaarspeler se klank-arsenaal. ’n Elektriese kitaar is mos in elk geval useless op sy eie... Ek buk reeds vir die tamaties wat na my geslinger word! Vir die akoestiese speler is ’n amplifier so bietjie meer van ’n luuksheid, want hoekom moet ons nou die geld spandeer vir ’n acoustic amp as die kitaar goed klink direk deur die PA? Geldige vraag, maar party van ons wil net eenvoudig nie meer afhanklik wees van die klankman se monitor mix nie en verkies so bietjie meer beheer oor wat ons op die verhoog hoor. Vir daardie ouens en vrouens is ’n akoestiese amplifier net die antwoord en gelukkig is daar ’n paar opsies beskikbaar. |
| Lees meer >> |
|
| Ovation: Lyrachord |
 |
Ek sou baie graag teenwoordig wou wees toe die idee vir ’n akoestiese kitaar met ’n plastiekbak die eerste keer hardop genoem is. Plastiek?! hoor ek die puriste skree. Ja, dames en here, en sedertdien het Ovation-kitare alle kritici stil verkoop. Met Ovation-kitare het jy óf vyande óf vriende – daar is geen middeweg nie. Jy smaak dit of jy haat dit. Ongeag in watter kamp jy staan, kan jy agter nie die feit ignoreer dat van die suksesvolste musikante vandag Ovation-kitare gebruik om miljoene mense oor die wêreld te vermaak nie. Innovasie was (en is nog steeds) die etos van Ovation met ’n Lyrachord (Ovation se naam vir die plastiek-) bak wat dit ’n unieke klank gee. Dié van julle wat ’n Ovation het, weet hoekom. |
| Lees meer >> |
|
| Takamine EG320C-NS en Tanglewood TW28 SLBK CE |
 |
Die twee navrae wat ek loshande die meeste kry is “Watter kitaar sal jy aanbeveel om mee te begin?” en “Watter kitaar sal jy aanbeveel vir die budgetkoper?” Dan begin die vrae van my kant af soos “Waarvoor wil jy dit gebruik? Hoe ernstig is jy? Wat is jou budget?” So indien enige van julle met die eerste twee vrae worstel, gaan ek so bietjie lig in die donker tonnel prober verskaf. Hierdie maand kyk ek na twee “budget”-kitare wat ingeboude pick-ups het en dus vir oefen en vir begeleiding gebruik kan word en joune kan wees vir onder R2 500. Die eerste is die Takamine EG320C-NS en dan die Tanglewood TW28 SLBK CE (wat volgens die manne van Musiekwêreld hier in die Kaap een van die beste verkopers is vir beginners). |
| Lees meer >> |
|
| Yamaha APX akoestiese kitaar-reeks |
 |
Met al my travels en gigs in en om kerke die afgelope 20 jaar was ek gereeld daaraan herinner hoe gewild die Yamaha APX akoestiese kitaar-reeks is. ‘n Mens kan amper die stelling maak dat dit die standaard begeleidingsinstrument in kerke is (naas die orrel) en die maatstaf waarteen ander akoestiese kitare vir ‘n praise en worship band gemeet word. Met goeie waarde vir geld en goeie boukwaliteit het Yamaha nog altyd ‘n wenner met hierdie reeks gehad. So wat werk vir die APX reeks? Wel, dit was gemaak vir die ampere uitsluitlike doel om op ‘n verhoog gebruik te word en ontwerpfokus is gewoonlik ‘n goeie begin vir sukses. Dit is ‘n relatief klein kitaar wat dimensies betref en dus lig en maklik om te hanteer. Dit het ‘n baie goeie weerstand teen feedback op die verhoog en die kenmerkende kristalhelder treble klanke help om deur ‘n band mix te sny – ideaal vir begeleiding. Die pick-ups in die APX-reeks was nog altyd baie goed vir die prys en die boukwaliteit het dit betroubaar gemaak vir die stampe en stote van die pad en die deursnit kerkverhoog. |
| Lees meer >> |
|
| Tanglewood TSB58 GLD elektriese kitaar – Strate van goud? |
 |
Om alle onduidelikhede uit die weg te ruim moet ek hierdie review begin met ‘n belydenis. As dit by elektriese kitare kom het ek het geen weerstand teen ‘n Gibson Les Paul Gold Top nie. Geen. Nada. Niks. Net die Here kan my help. Die vorm van die kitaar, die goue glinstering van die bak, en die klank, oo die klank, dit alles maak my... lam. Dis rock & roll legend… Was ek besig met ‘n review? Sorry. Kom ons prober weer. Ek smaak ‘n Gibson Les Paul Gold Top, maar met Gibson se besluit om nie meer na Suid-Afrika uit te voer nie gaan ons oor tyd ongelukkig nie meer Gibsons en Epiphones in winkels sien nie. Ons gaan forseer word om na ander brands te kyk wat die klassieke Les Paul body shape en goue sparkle naboots indien dit is wat ons wil hê. Gelukkig is daar ‘n paar opsies en hier review ek ‘n model van Tanglewood - om presies te wees die Tanglewood TSB58 GLD ... |
| Lees meer >> |
|
| Liedjieskryf Tips: Hoe om jou boodskap duidelik te laat uitstaan |
 |
As worship liedjieskrywer is die boodskap van my songs vir my baie belangrik, mense onthou soms die worship songs in 'n diens baie langer as wat hulle die preek onthou. Ek dink dus baie oor wat ek wil se met 'n song en hoe ek dit beter kan se terwyl ek skryf en slyp aan 'n song voordat ek dit vir die eerste keer gebruik in 'n diens. Ek het so bietjie gaan sit en dink aan die tegnieke en dinge wat ek geleer het as liedjieskrywer wat my help hiermee. |
| Lees meer >> |
|
| New Song Cafe: Leer bekende worship songs speel |
 |
New Song Cafe is 'n great initiatief deur die ouens van www.worshiptogether.com. Die idee daaragter is om bekende worship leiers soos Martin Smith (Delirious?), David Crowder band en nog baie meer te kry om te wys hoe om hulle worship songs te speel. Dit is ook die inspirasie agter ons eie FLAM workshop videos.
Ongelukkig maak ons SA internet spoed dit soms moeilik om die videos te kyk, maar deesdae is daar ook baie van die New Song Cafe videos op www.youtube.com wat dinge makliker maak (search net vir "new song cafe" op youtube). |
| Lees meer >> |
|
| Worship opleiding en kursusse op die Internet |
 |
Worshiptraining.com is 'n nuwe website wat fokus daarop om opleiding vir worship leiers deur middel van die internet beskikbaar te stel. Die kursusse is ontwikkel deur die Worship And Arts Institute van die St Stephens Universiteit in Kanada. Bekende worship leier en opleier van die Vineyard Music Groep, Dan Wilt is die moderator vir die kursusse en ander bekende worship leiers soos Paul Baloche, Don Moen en ander tree op as gasaanbieders van kursusmateriaal. Die formaat van die kursusse is korter modules (4-6 weke; 6 ure 'n week) wat handel oor 'n spesifieke onderwerp bv. die Teologiese fondasie vir aanbidding, liedjieskryf kursusse, praktiese modules oor musiekverwerking en nog meer. |
| Lees meer >> |
|
|
|