F103. Kersfees Is ‘n Vreugdefees (RUBRIEK: Flammekids – Kersfees / Diens en Getuienis) Teks en Musiek: Jan de Wet © 2003 MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Lofliedere vir Jesus – 100 Gunstelinge) Kersfees is ‘n vreugdefees. Jesus is nou hier. Hy wil by sy mense wees om saam met hulle fees te vier. Kersfees is ‘n Christusfees as ons net verstaan, dat Hy nie net in ‘n krip lê nie, maar ook aan ‘n kruis moes hang. Vir jou en my het Jesus mens geword. Hy het gely om ons die lewe te gee. Maak oop jou hart en laat sy vrede in. Kersfees sal dan in jou begin. Kersfees is ‘n vreugdefees. Jesus het gekom. Hy wil by sy mense wees dat hul kan glo in Hom. Kersfees is ‘n vreugdefees as ons net verstaan, dat Hy nie net in ‘n krip lê nie, maar ook deur ‘n graf moes gaan. Vir jou en my het Jesus mens geword. Hy het gely om ons die lewe te gee. Maak oop jou hart en laat sy vrede in. Kersfees sal dan in jou begin. Nie net een keer in ‘n jaar nie! Kersfees elke dag heel jaar.