F106. God Is Groot (RUBRIEK: Flammekids – Verwondering) Oorspronklike titel: God is great Teks en Musiek: Frank Hernandez Afrikaanse vertaling: S. Rautenbach © Birdwing Music (Opgeneem op Lofliedere vir Jesus – 100 Gunstelinge) God is groot, God is groot, Hy is baie, baie, baie, baie groot. God is groot, God is groot, Hy is baie, baie, baie, baie, baie, baie groot. Hy is groter as ‘n olifant en groter as ‘n tier. Hy’s groter as die grootste beer of watter ander dier. Hy’s groter as ‘n reuse walvis in die oseaan. Hul’s kleiner as muskiete as hul voor die Here staan. Hy is groter as die berge wat aan die wolke raak. Hy’s groter as die diepste see wat altyd golwe maak. Hy’s groter nog as al die sterre, aarde, son en maan. Hy’s groter as die hemelruim en sy planete saam. En sê nou hy was groot, maar Hy was baie sleg Dan sal die hele wêreld nie geweet het wat was reg En sê nou Hy was goed, maar Hy was baie klein Sou al die wonderwerke van die aarde af verdwyn.