F107. Die Borrelliedjie (RUBRIEK: Flammekids – Diens en Getuienis) Teks en Musiek: Jan de Wet & André Groenewald [Gebaseer op publieke domein lied.] © 2003 MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Lofliedere vir Jesus – 100 Gunstelinge) 1. Dit borrel in my, want ek is so bly: Jesus het my lief! Vir my’t Hy gesterf en gered van verderf; ja, Jesus het my lief! Refrein: Dit borrel in my, want ek is so bly: Jesus maak my lewe vry! Hy neem weg my sondeskuld. Dit borrel, dit borrel, dit borrel in my. Dit borrel, dit borrel in my. 2. Sy liefde so groot, red my van die dood. Jesus het my lief! Dit borrel alweer, ek kan dit nie keer: ja, Jesus het my lief! Refrein: