F12. Meer As Ooit (RUBRIEK: Kontemporęr – Verwondering) Oorspronklike titel: Above all Teks en Musiek: Lenny LeBlanc & Paul Baloche Afrikaanse vertaling: 2005 Faani Engelbrecht © 1999 Integrity’s Hosanna Music / LenSongs Publishing (Opgeneem op FLAM, vol 1) Meer as rykdom, meer as mag, as die skoonheid van sterre in die nag, meer as wat ons ooit op aarde wen, is dit werd, o Heer, om U te ken. Meer as silwer, meer as geld, al die blomme, die diere in die veld, meer as dit, so eindeloos veel meer, was die prys wat U betaal het, Heer. Refrein: Aan ‘n kruis en in ‘n graf van steen, U leef en sterf, verworpe en alleen. Immanuel, U die God met ons U dra die straf en dink aan ons – meer as ooit.