F14. Jesus Is Die Heer (RUBRIEK: Kontemporêr – Geloofsbelydenis) Teks en Musiek: André Serfontein © 2005 MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op FLAM, vol 1) 1. Keer op keer, val ek neer, deur my eie sondigheid. Telkens weer, wil ek self probeer, opstaan uit my hulpeloosheid. Hy laat my verstaan, daar is net een Naam. Elke knie sal voor Hom buig. Refrein: Jesus is die Heer. Jesus is die Heer. Dit is wat ek glo. Ek sing dit weer en weer. Jesus is die Heer. Voor Hóm sal ek buig. Jesus is die Heer. Jesus is die Heer. Hy’s my Heer. 2. Keer op keer, buig Hy neer en lig my uit my hulp’loosheid. Weer en weer wys Hy Hom as Heer, oorweldig my met heiligheid. Dis dan dat ek verstaan daar is net een Naam. Elke knie sal voor Hom buig. Refrein: