F160. Die Here het belowe (RUBRIEK: Kruisfuur – Gebed / Hoop en Voleinding) Teks en Musiek: Rick Moser © MAR Gospel Music Publishers 1. Die Here het belowe. Wie sal dit kan keer? Dit wat God gesê het, dit sal wel gebeur Ek sien dit met my geestesoë, bely dit in geloof En ek span my in om dit in besit te neem. Refrein 1: Ek ontvang die oorvloed wat die Here my wil gee, die volheid van die oestyd in my hele lewensfeer. Die erfdeel wat Hy uitdeel, wil ek vasmaak in my lewe, Oorwinning oor my vyande se bose strategië. Tye van verkwikking – ek wil dieper, ek soek meer. Dit wat Hy belowe, wil ek vasmaak in my lewe 2. Die Here het belowe om hierdie stad te seën met leiers wat Hom lof bring en regters wat Hom vrees, met strate waar ons kinders in veiligheid beweeg en huise waar die Here self regeer. Refrein 2: Vader, ons ontvang wat U vir hierdie stad begeer: Die volheid van u heerlikheid in elke lewensfeer. Vrede en geregtigheid in elke hart en lewe. Oorwinning oor die vyand wat gesinne wil verskeur. Vaders wat in ootmoed en gehoorsaamheid regeer. Seën ons met u guns in elke huis en hart en lewe.