F16. Ek Kyk Op Na Die Berge (RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – Geloof en Vertroue) Teks en Musiek: Braam Hanekom © 1993 MAR Gospel Music Publishers 1. Ek kyk op na die berge. O, waarvandaan kom daar hulp vir my? My hulp kom van die Here. Hy’t hemel en aarde gemaak. Refrein: Hy sal nie toelaat dat jy val nie. Hy sal nie toelaat dat jy swig, want Hy sluimer of Hy slaap nie; Hy laat jou veilig wandel in die lig. Hy laat jou ewig wandel in die lig. 2. Bedags sal die son jou nie steek nie, en snags sal die maan jou nie bedreig. Hy sal jou uitgang en jou ingang beveilig, beskerm en bewaar. Refrein: