F19. Heer, Hoe Lank (RUBRIEK: Kersvlam – Klag) Teks en Musiek: André Serfontein © 2005 MAR Gospel Music Publishers 1. Heer, hoe lank gaan U vergeet? t'Voel of U nie van my weet nie. Hoor my smeek, Heer, antwoord my. Maak my van my onrus vry. Refrein: Here, hoor U wat ek sê? Sien U hoe ek ly? Luister wat u kinders vra. Here, gee weer hoop; gee weer hoop in my. 2. Daar’s iets in my wat stadig kwyn, soos die dag in nag verdwyn. Help my op, Heer, sien my raak. Sal U my weer méns kom maak? Refrein: 3. Ek kan maar net na U toe kom. Niemand anders gee meer om nie. In my nood roep ek U aan. Smekend kom ek voor u staan, want . . . 4. U is liefde, U’s getrou. Ek weet U sal my bly onthou. Ek wil van my geloof getuig. Ek wil oor U verlossing juig. Refrein: Here, U hoor wat ek sê! U sien hoe ek ly! U luister wat u kinders vra. Heer, U gee weer hoop; U gee weer hoop in my.