F1. Die Hemel Juig (RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – Lof / Verwondering) Oorspronklike titel: All heaven declares Teks en Musiek: Noel & Tricia Richards Afrikaanse vertaling: 2005 Faani Engelbrecht & Jacques Louw © 1987,1997 Thankyou Music 1. Die hemel juig, getuig van al u grootheid, Heer. Die skepping buig in aanbidding voor U neer. Refrein: Ja, tot in ewigheid, sal ons u lof besing. Aan U, daar op die troon, ons hulde altyd bring. 2. Ons wil verklaar: U is die opgestane Heer; U is die Lam wat vir ewig sal regeer. Refrein: Ja, tot in ewigheid, sal ons u lof besing. Aan U, daar op die troon, ons hulde altyd bring.