F206. My Hande Hef Ek Op Na U (RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – Lof) Oorspronklike titel: I Lift My Hands Teks en Musiek: André Kempen Afrikaanse vertaling: Vers 1 Jan de Wet & vers 2 Atlanta van Vuuren © 1989 Kempen Music 1. My hande hef ek op na U Ek loof U naam en buig voor U want U is Heer, die Koning van my hart. En ek dien geen afgod nie en niks is meer belangrik nie as dat U in my hart regeer daar is geen plek vir ander nie. Voor U o Heer, lê ek nou, my lewe neer. 2. O Koning Heer, ek wil U eer U naam besing, U hulde bring want U o Heer, bly altyd, in beheer. U wil ek my lewe wy gehoorsaam my in U verbly Laat my lied 'n loflied wees aan U o Vader, Seun en Gees. Ek wil U roem, Vader noem My God en Heer.