F212. Die Here Het Hom Nodig (RUBRIEK: Flammiekidz – Diens & Getuienis) Musiek: Neil Büchner & Lizette Louw Teks: Louis Dressel © 2008 MAR Gospel Music Publishers Vgl 2 Kon 5:3,15; Joh 6:9; Mark 11:3 (NLV) 1. Naäman het die Here nodig Dis wat die dogtertjie hoor. Ek het ook die Here nodig Dis wat ek steeds hoor. REFREIN: Here, lei my Heer, gebruik my Here, stuur my. Dis wat ek steeds hoor 2. Sy brood en vissies het Hy nodig Dis wat die seuntjie hoor. Die Here het my alles nodig Dis wat ek steeds hoor. REFREIN: 3. Die Here het ons almal nodig Dis wat dissipels hoor. Die Here het ons alles nodig Dis wat ons steeds hoor. RFREIN: Here, lei ons Heer, gebruik ons Here, stuur ons Dis wat ons steeds hoor