F213. Jesus Is Die Rots (RUBRIEK: Flammiekidz – Hoop & Vertroue) Teks en Musiek: Johan Engelbrecht © 2008 MAR Gospel Music Publishers Jesus is die Rots waarop ek veilig staan; die Een by wie ek wegkruip as die donker oor my gaan My skild en sterk Verlosser, beskerm my in gevaar. En as ek krag en hulp soek, is die Here altyd daar! [Refrein x 2] Ek loof die Heer, want Hy's getrou op Hom kan ek altyd vertrou. Deur die langste dag, donkerste nag is Hy my Rots, my bron van krag. U's my Rots! U's my Rots! Jesus, my Rots, U's my Rots. U's my Rots! U's my Rots! Jesus, my Rots, U's my Rots. [Skree: Jesus, my Rots!]