F21. In Die Hemel Is Die Heer (RUBRIEK: Kontemporęr – Lof / Verwondering) Teks en Musiek: Tom Hiemstra Teks: [strofes 3,4 onbekend] © 2001 MAR Gospel Music Publishers (vers 1 en 2 opgeneem op Louis Brittz se CD “Ons Koning kom weer”) LW: Ons wil graag al vier verse vir gebruik bekendstel!! 1. In die hemel is die Heer en sy glans is soos kristal. Hy’s die Heilige van God en Hy heers oor die heelal. Refrein: Daar is mag in Sy woord! Soos die waters druis sy stem. Soos die son op die see se blou, so die rykdom van sy trou. Want aan U is die mag en die heerlikheid en krag. En aan U is die eer en die lof, want U regeer. 2. Miljoene in gereedheid, is die eng’le om sy troon. Verbysterend sy sieraad en die weelde van sy kroon. Refrein: 3. Driemaal heilig is die Heer, Hy wat was en is en kom. Hy’s die Alfa en Omega, almagtig en verhewe. Refrein: 4. Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, die heerlikheid en lof van nou af en vir ewig. Refrein: