F22. Ek Soek U, O God (RUBRIEK: Kontemporêr – Toewyding / Verwondering / Aanbidding) Teks en Musiek: Rhe Janse © 1994 Brettian Productions (Reeds opgeneem op: Lentereën - Willie Joubert 25 Gunsteling L&A liedere – Louis Brittz Vrygemaak: Pretoria Oosterlig Gemeente) 1. Ek soek U, o God, my God, ek dors na U, God. Soos ‘n land sonder water, wil ek tot u nader om by U te wees, om by U te wees. 2. As ek saans aan U dink, my God, oor U peins in die nag, dan weet ek U help my, U hand ondersteun my. Ek wil naby U bly, ek wil naby U bly. Refrein: Want U liefde is meer werd as die lewe, daarom sal ek U vir altyd prys; my hande ophef om u Naam te eer, want U is die Heer vir wie ons lewe, lewe, lewe... (Nav Ps 63)