F230. Ek het vir die Heer gesê (Here U Is My Lewe) (RUBRIEK: Kruisfuur – Verwondering / Geloofsbelydenis) Teks en Musiek: Neil Büchner © 2007 Urial Publishing Ps 16 1. Ek het vir die Heer gesê U is my Here U is my Rots Daar is geen ander god Wat my lof verdien nie Vir wie ek wil besing Refrein: Here, U is my lewe U sorg vir my En wat ek ontvang kom alles van U af ’n Pragtige deel is vir my afgemeet Wat ek by U erf, is mooi vir my 2. U Heer, lei my deur U Gees En ek slaap rustig U is by my Elke oomblik van die dag Is U in my gedagtes En my hart is juigend, bly Refrein: Brug 1: Heer, U red my siel uit die dood En in blydskap, leer U my leef Brug 2: Lieflikheid kom uit U hand Juig vir alle ewigheid!