F23. Prys Die Here (RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – Lof) Teks en Musiek: Rhe Janse © 1994 Brettian Productions (Opgeneem op Lentereën - Willie Joubert) (Psalm 148) 1. Prys die Here vanuit die hemele; prys die Here alle engele; prys Hom son en maan, prys Hom alle sterre! Prys die Here en sy grote Naam! 2. Prys die Here van die aarde af, uit die see en van die berge af. Prys Hom bome, diere, plante en riviere. Prys die Here en sy grote Naam! 3. Prys die Here alle volke saam; mans en vroue, prys die Heer se Naam. Prys Hom konings, vorste, oud en jonk tesame. Prys die Here en sy grote Naam! 4. U’s my Here en ek prys U Naam; U’s verhewe, hoor my loflied aan. Heer, U majesteit strek oor aard’ en hemel; U’s my Here, en ek prys U Naam! U’s my Here, en ek prys U Naam!