F246. Lig Van Die Węreld (RUBRIEK: FLAM Gemeentelied - Verwondering) Oorspronklik: Here I Am To Worship (AKA Light of the World) Teks en Musiek: Tim Hughes Afr. teks: 2008 Johan Engelbrecht © 2000 Thankyou! Music 1. Lig van die węreld, U skyn in my duisternis; nou kan ek sien wie U is. Liefde wat maak dat ek U wil ken, Heer, by U elke oomblik wil wees. Refrein: Voor U wil ek my neerbuig, U wil ek aanbid en U wil ek verheerlik as my Heer. Want U alleen is waardig, heilig en regverdig, U is so genadig, so goed vir my. 2. Hemelse Heer, wat hoog en verhewe is, Koning vol glorie en mag, U't na die węreld as Kind gekom en u heerlikheid afgelę. Refrein: Brug: En nooit besef hoe U gely het, daar aan die kruis was als vir my. Refrein: