F24. As Ek U Hemel Aanskou (RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – Verwondering) Teks en Musiek: Rhe Janse © 2005 MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op FLAM, vol 1) (Psalm 8) 1. As ek U hemel aanskou – die werke van U vingers, maan en sterre aanskou – dan voel ek so gering, Heer. Wat is die mens dan dat U aan hom dink? Wat is die mens dan dat U na hom omsien? 2. U laat ons heers oor U werk – die werke van U hande, dis aan ons onderwerp – die see, die lug, die lande. Wat is die mens dan dat U aan hom dink? Wat is die mens dan dat U na hom omsien? Refrein: O Heer, ons Heer, hoe wonderbaar U Naam! O Heer, ons Heer, juig aarde, roem Sy Naam! O Heer, ons Heer, hoe wonderbaar U Naam! O Heer, ons Heer, juig aarde, roem Sy Naam! Ons roem U Naam, Ons roem U Naam!