F263. Ek Glo (RUBRIEK: Kruisvuur - Geloofsbelydenis) Teks en Musiek: Johan Steenkamp © 2008 Urial Publishing 1. Ek glo God het alles gemaak Ek glo Hy hou die węreld in stand en Hy is groot, groot, (yeah) Ek glo dat Jesus leef Ek glo in die Heilige Gees en Hy is hier, hier, (yeah) Wat ek glo wil ek bely van die Koning vertel voor die węreld getuig Refrein: Ek glo, ek glo in God wat regeer Ek leef, ek leef deur Jesus die Heer In my, in my die Heilige Gees Hy is God oor my ek bely dat ek glo 2. Ek glo in Christus se kerk Ek glo ons moet vir Hom werk en ons moet bou, bou, (yeah) Ek glo ons moet mekaar dien ek glo hul moet God in ons sien en ons moet skyn, skyn, (yeah)