F266. 'n Skadu Oor My (RUBRIEK: Kruisvuur - Toewyding) Teks en Musiek: Johan Steenkamp © 2008 Urial Publishing 1. 'n Skadu oor my deur sonde gedryf in my lewe 'n God wat bevry sy Seun aan 'n kruis, Hy's my Here Wat sou ek vir Hom kon bring? Wat sou ek vir Hom kon sê? Refrein: Dis hier waar ek my lewe neer wil lê Op my knieë word ek God se huis Dis hier waar ek my oë rig op Hom en sien die skadu oor my is 'n kruis. Ek sien die skadu oor my is 'n kruis 2. Die Heilige Gees neem die beheer van my lewe Dis God binne my en ek sal bely: Ek's vergewe! Brug: U het reeds my gehoorsaamheid verdien U het reeds my sonde uitgewis Neem nou my hart en maak dit rein Neem nou my hart net vir U