F28. Heer Omvou My (RUBRIEK: Kontemporêr – Afhanklikheid / Geloof en Vertroue / Gebed) Teks en Musiek: Johan Steenkamp © 2007 Urial Publishing 1. U’t die lydenspad vir my kom loop en ek is deur U bloed ook vrygekoop. Maar die wêreld rondom my sê die sonde maak my vry. 2. O Heer, omvou my as die nag my omsluit van alle kante - en as die donker U kind weg wil lei, Heer, omvou my, maak my vry.