F294. Neem My Lewe (RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – Gebed / Toewyding) Teks & Musiek: Marina du Toit © 2008 Urial Publishing Neem my lewe, laat dit, Heer, U gewy wees meer en meer Want U is die lewe en U is die lig U gee die water en ek dra die vrug Neem my lewe laat dit, Heer, U gewy wees meer en meer Want U is die Skepper en ek is die klei Maak vir u hart, Heer, ’n woning in my Snoei my vom my, suiwer my Laat U meer word binne my En laat al die vuilheid wegbrand, Heer Laat ek weer skoon word al is dit seer Snoei my, vorm my, suiwer my Laat U meer word binne my En laat ek die vrug dra om heilig te wees ’n Lewende offer gevul met u Gees ’n Lewende offer vir U ’n Lewende offer gevul met u Gees