F30. U Is In Beheer (RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – Geloof en Vertroue / Verwondering) Teks en Musiek: Wian Vos © 1998 Brettian Productions (opgeneem op CD “Learn to Discern”) Refrein: U is in beheer, wonderbare Heer; U wat steeds getrou, u skepping onderhou. U is in beheer, wonderbare Heer; U wat alles vorm tot u eer! 1. Die oggendson vertoon u heerlikheid - die sterre in die aand, u majesteit. As ek om my kyk kan ek meer van U begryp en ek weet opnuut U is ‘n werklikheid. Refrein: 2. Net U alleen laat val die vroeë reën en U alleen gee lewe deur u Seun As ek om my kyk kan ek meer van U begryp en ek weet opnuut U is ‘n werklikheid. Refrein: