F311. Ek Kyk Op Na Die Berge (RUBRIEK: Kruisfuur – Geloof & Vertroue) Teks en Musiek: Nedine Blom © Urial Publishing 1. Ek kyk op na die berge Van waar sal my hulp kom? My hulp is van die Here Die Skepper van die heelal Hy sluimer nie, Hy slaap nie Hy sal my nooit verlaat nie Beskermer van Israel Die Skepper van die heelal Refrein: Die Heer beskerm my Bewaar my van gevare Die Heer stap langs my op al my lewenspaaie 2. Heer, op U vertrou ek My skuiling en my rusplek Beskermer van Israel Die Skepper van die heelal U sluimer nie, U slaap nie U sal my nooit verlaat nie Beskermer van Israel Die Skepper van die heelal Refrein: Outro: Die Heer beskerm my vir altyd (x3)