F31. Prys Die Here, Loof en Prys Hom (RUBRIEK: Kontemporêr – Lof) Teks: Strofe 1: TT Cloete; Strofe 2: Tops de Jager Musiek: Tops de Jager © Kopieregbeheer 1. Prys die Here, loof en prys Hom. Ek wil God se lof besing. Hy is magtig; loof en prys Hom. Ek wil God my loflied bring en solank ek leef Hom eer. Loof die groot en troue Heer. 2. Geseënd is hy wat as dit swaar gaan altyddeur aan God vashou; en as dit lyk of als verkeerd loop altyddeur op die Here vertrou; en ook in die swartste nag op die Here alleen bly wag.