F321. Met Alles Binne My (U's My Vader) (RUBRIEK: Flam Gemeentesang – Lof / Geloof & Vertroue) Teks en Musiek: Renthia Brits © FLAM Uitgewers Met alles binne my wil ek U loof Uit die diepte van my hart u Naam verhoog. Saam met eng'le wil ek sing: U regeer, In my hart en in my lewe, elke uur. U's alles wat ek nodig het. Refrein: U's my Vader, U is heilig U's my hoop, U is my vrede Ek is veilig in u vaderhande keer op keer U leef hier binne my U Naam wil ek bely. Koning Jesus, ek wil altyd by U wees. U's my Vader; U regeer.