F34. Daarom (RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – Lof / Toewyding) Teks en Musiek: Elizabeth Fourie © 2002 EF Musiek (Opgeneem op haar CD Voetspore en FLAM, vol 1)) 1. Here, U is my lewe, ek ken U veilige bewaring elke dag. Here, U is my vrede, as die storms om my woed met brute krag. En as ek val, is U by my. U het betaal en ek is vry! Refrein: Daarom sing ek, daarom gee ek U my stem. Daarom juig ek saam met snaar en instrumente! Daarom bring ek U my dank, sing ek heeldag lank, daarom sing ek, hoor my lied vir U, o Heer! 2. Here, uit U hande kom net wat mooi is en heilig is vir my. Here, U genade het my deur alles heen tot hierdie dag gelei. En as ek val, is U by my. U het betaal en ek is vry! Refrein: Refrein weer na modulasie: Daarom sing ek, daarom gee ek U my stem. Daarom juig ek saam met snaar en instrumente! Daarom bring ek U my dank, sing ek heeldag lank, daarom sing ek, hoor my lied vir U, o Heer! daarom sing ek, hoor my lied vir U, o Heer!