F3. Aan U Voete, Heer (RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – Toewyding / Verwondering / Aanbidding) Oorspronklike titel: Aan Uw Voeten, Heer Teks en Musiek: Marcel Zimmer Afr. vertaling: 2005 Faani Engelbrecht © 1993 Celmar Music (Opgeneem op FLAM, vol 1) Keervers: Aan U voete, Heer, is die beste plek, daarom kniel ons voor U neer. Om by U te wees is die grootste eer, daarom buig ons voor U neer. 1. Ja, ons verkies nou om by U te wees en om na U te luister. In plaas van altyd maar weer besig te wees, kom ons nou tot rus by U. Keervers: 2. En ons verlang na u teenwoordigheid, Heer, om saam te kniel in aanbidding; in Gees en waarheid waarlik een te wees, daarom buig ons voor U neer. Keervers: 3. Net soos ‘n vader wat sy kinders vertroos so omhels U ons elkeen. U is ‘n Vader wat versorg en beskerm en ons kom tot rus by U; en ons kom tot rus by U; en ons kom tot rus by U.