F43. As Die Son Opkom (RUBRIEK: FLAM Gemeentesang - Verwondering) Teks en Musiek: Rick Moser © 1994 MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Nuwe Lied, vol 2) 1. As die son opkom en die nuwe dag ontvou, sien ek die liefde van die Heer. In die donker nag sien ek die grootheid van die Heer in al die sterre in die hemelsfeer. Dan sal ek sing en die lof en die eer aan die Here bring. Ek sal sing en die lof en die eer aan die Here bring. 2. Ek hef my hande op Om die Here te vereer Vir Sy genade dag na dag As ek Sy handewerk In my lewe ook aanskou Staan ek verwonderd oor Sy krag Dan sal ek sing en die lof en die eer aan die Here bring Ek sal sing en die lof en die eer aan die Here bring