F44. Bring Hom Hulde (RUBRIEK: Kontemporêr – Lof) Teks en Musiek: Rick Moser © 1994 MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Nuwe Lied, vol 4 en FLAM, vol 1) Refrein: Bring Hom hulde, bring Hom ere Bring Hom hulde, ere, lof en majesteit Soos in die hemele, so ook op die aarde Aan Jesus alleen kom toe die eer en heerlikheid. Aan die kruis het Hy die vyand uitgeklee en in die openbaar oor hom getriomfeer. Die poorte van die doderyk is uitmekaar geskeur en die leë graf verkondig steeds: Hy alleen regeer!