F48. Want Ek Is uitverkoop Aan U (Uitverkoop) (RUBRIEK: FLAM Kruisfuur – Geloof & Vertroue) Teks en Musiek: Chardi Visser © 2009 MAR Gospel Music (Opgeneem op Uitverkoop) Vers Dit maak nie saak hoeveel keer ek struikel U is altyd hier by my U’s die lig op my pad En die Woord in my hart die duisternis verdwyn om my Daar is niks wat my van U kan weerhou nie U het lankal reeds bewys dat geen berg my kan skei of die diepste vallei van U liefde vir my Koor Want ek is uitverkoop aan U en aan die lewe wat U bied daar is niemand anders meer vir my Ek sal my mond oopmaak en skree en met die hele wêreld deel dat daar is niemand anders meer vir my Brug Ek het nou eenmaal die besluit geneem om vir U alleen te lewe My liggaam siel en Gees behoort aan U aan U vir ewig