F50. In Sy Naam (RUBRIEK: Kontemporêr – Lof /Geloof en Vertroue) Teks en Musiek: Rick Moser © 1999 Spirit & Truth Music (STM) (Opgeneem op Nuwe Lied, vol 4 en FLAM, vol 1) 1. In Sy Naam word die blydskap van die Here my beskerming. In Sy Naam kan ek selfs deur donker nagte jubel en sing. In Sy Naam word ‘n struikelblok ‘n vastrapplek vir oorwinning. In die Wondernaam bo elke naam 2. In Sy Naam sal siekte buig en plek maak vir genesing In Sy Naam kan ek selfs teen donker magte staan en oorwin In Sy Naam word my onvermoë ‘n deur vir Sy voorsiening In die wondernaam bo elke naam In die naam van Jesus Is jy moeg gesit in ’n donker put van mislukking en berou? Voel jy vasgespin in ‘n web van leuens wat jou moedeloos wil hou? Wel, God het belowe om daar te wees waar sy volk sy lof besing. So hef op jou stem, kyk op en sien die verlossing wat Hy bring!