F52. Laat Almal Weet (RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – Diens / Getuienis) Teks en Musiek: Deon Roberts © 2000 MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Nuwe Lied, vol 4 en FLAM, vol 1) Refrein: Laat almal weet dat Jesus waarlik liefde is. Laat almal weet dat Jesus die Koning is. Ons kan so gou vergeet dat daar ‘n God is wat van alles weet, Wat almal elke dag van liefde leer, sy vrede gee, die wêreld in sy hande hou En soms vergeet ons weer dat ons ‘n ander van ons God moet leer, sy wonderliefde wat geen grense ken en harte vir Hom wen.