F53. Mag Elke Woord Wat Uit My Mond Kom (RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – Gebed / Votum) Teks en Musiek: Ioannis Dekas © 2000 MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Nuwe Lied, vol 4 en FLAM, vol 1) Mag elke woord wat uit my mond kom wees soos heuning En mag gedagtes uit my hart wees soos die môredou Elk’ onuitgesproke woord en elke saak wat ek bedink, Mag dit aangenaam en sinvol wees voor u aangesig o Heer Want U's my God, U’s my Redder U’s my vrede. U’s die rots waarop ek bou en waar ek skuiling vind U is my kompas, u Woord gee rigting wanneer ek verlore raak. Daarom is dit my gebed dat wat ek dink of wat ek praat Welbehaaglik voor U aangesig sal wees.