F55. Nagmaalslied (RUBRIEK: Kontemporêr – Nagmaal) Teks en Musiek: Willie Joubert © 1990 Brettian Productions (Opgeneem op Treffers van Willie Joubert) 1. Ek staan skuldig voor U, Heer Voor U, my Vader, wat regeer Ek is ned'rig in my hart En my siel is so verward En my lewe is vuil voor U troon Refrein: O, Heer, vergewe my Heer, kom maak my vry Van die sondelas o, kom na my om dit skoon te was Want ek wil weer vlekloos voor U staan 2. Die wyn en die brood wat ek nou neem Is ‘n teken van U rykdom en U seën Al die oorvloed binne my Kom en borrel in my vry En die oorsaak is die Gees wat in my bly