F57. Oorwinningslied (RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – Hoop en Voleinding / Lof / Koninkrykstyd) Oorspronklik: Battle Hymn of the Republic (Tradisioneel) Afr. Teks: Piet Smit © 1994 MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Gunsteling Lof en Aanbiddingsliedere) 1. Ek sien in my gees die glorie en die almag van die Heer Die Allerhoogste wat in liefde oor sy Koninkryk regeer Hy’t belowe aan die einde op die wolke kom Hy weer Hy is Koning, Hy regeer! Refrein: Loof Hom, prys Hom! Halleluja! Hy is Koning, Hy regeer! 2. Die Here is ons Vesting wat vir altyd sal bly staan Hy beskerm elke mens wat in geloof na Hom toe gaan Hy’s ons skuiling, Hy’s ons wapen, Hy het die vyand reeds verslaan Hy is die Rots wat ewig staan Refrein: Loof Hom, prys Hom! Halleluja! Hy's die Rots wat ewig staan! 3. Kom deel nou in ons loflied hef jou hande op na bo Blaas basuine, slaan op tromme en kom dans voor God se oë Kom leef in die oorwinning van sy Woord waarin ons glo Want sy Woord sal ewig staan Refrein: Loof Hom, prys Hom! Halleluja! Want sy Woord sal ewig staan. 4. Ek glo dat Jesus Christus weer sy bruid gaan kom haal Ek glo die Vader het al reeds die dag en uur bepaal Ek sien al klaar die feestelike hemelbruilofsmaal en die tafel met ons bruilofsmaal