F60. U Liefdeslied Vir My (RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – God se liefde / Paasfees) Oorspronklike titel: Oh, Danny Boy Musiek: Tradisionele Ierse Volksmelodie Teks: Louis Brittz © MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Ons Koning kom!) 1. U liefde kleur die blou-blou helder hemel. U goedheid rys die dagbreek oor die see. U almag blink in maanlig oor die berge. Die skoonheid van U skepping sleur my mee U glorie sprei in vlerke van 'n arend. Genade sweef in wolke hoog en vry. Die skepping sing vir my gewone sterfling. Die Skepper God se liefdeslied weerklink in my. 2. Ek sien die kruis, ek volg U spoor na Golgota. Ek sien die kroon, die dorings wat U dra Ek kniel hier neer om nederig en dankbaar vergifnis vir my sondeskuld te vra. Ek ken die kruis, ek ken die Man van smarte. Ek voel U pyn. U liefdesbloed bevry. En van die kruishoutkoppie styg die note. Die Lam van God se liefdeslied weerklink in my. 3. Wat is die mens dat U oor hom sou glimlag, En wie is ek dat U vir my sou kom? Hoe groot u liefde, grenslose genade! Die Lam van God se liefdeslied weerklink in my Hoe groot u liefde, grenslose genade! Die Lam van God se liefdeslied weerklink in my Van krip tot kruis weerklink U liefdeslied vir my!