F61. (a) Verlustig Jou In Hom (RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – Toewyding / Gebed) Teks en Musiek: Johan Badenhorst © MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Gunsteling Lof en Aanbiddingsliedere en FLAM, vol 1) (Psalm 37:4) Verlustig jou in Hom En Hy sal jou gee Die begeertes van jou hart Verlustig jou in Hom (b) Staan Vas (RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – Toewyding / Gebed) Teks en Musiek: Rick Moser © MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Gunsteling Lof en Aanbiddingsliedere en FLAM, vol 1) Staan vas in die Naam van die Heer! Staan vas in die krag wat Hy jou gee! Geen wapen wat die vyand teen jou smee Sal slaag as jy vasstaan In die Naam van die Heer Dra die helm van verlossing Sit die waarheid om jou lyf Gepanser met geregtigheid en ‘n skild wat vrees verdryf. Staan vas op die Woord van die Heer Staan vas in die krag wat Jesus gee Gaan voort onder die leiding van die Gees Jy’s meer as ‘n oorwinnaar In die Naam van die Heer.