F64. U Is God (RUBRIEK: Kontemporêr – Lof / Heerskappy van God) Teks en Musiek: Nellis van Zyl Smit © MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Nuwe Lof met Louis Brittz) Die hele skepping sing dat U regeer En elke rots skree uit: U is God Die bome wieg deur u asem, Heer En saggies fluister hul: U't opgestaan U regeer tot in ewigheid U is God vir altyd nog Elke knie sal buig, elke tong bely U is waardig om geprys te word. U is God! Wat is die mens dat U aan hom dink Die mensekind dat U hom besoek? Slegs minder as die eng’le gemaak En tog met heerlikheid en eer gekroon Heilig, heilig, heilig is die Heer Wat was, wat is en wat kom Aan U behoort alle lof en eer tot in ewigheid