F65. Jesus, U Naam Is Ons Vryheidslied (RUBRIEK: Kontemporêr (JEUG-/TIENERLIED) – Geloofsbelydenis / Geloof en Vertroue) Teks en Musiek: Louis Brittz © MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Nuwe Lof met Louis Brittz) Jesus, u Naam is ons vryheidslied Ons jubelsang van verlossing Die sonde se krag word daardeur verbied Jesus, u Naam is ons lied Jesus, u Naam is ons vreugdefees Ons blye dans van vervulling Ons leef in die lig van die Christusgees Jesus, u Naam is ons fees U Naam is ons vlag en ons banier Dit spel vir ons vrede Dit bring ons die lewe wat ons vier Daar is geen ander naam bo elke naam gegee Jesus, u Naam is ons sterwenswins Ons greep op die ewige lewe Die Leeu wat oorwin is die Vredeprins Jesus, u Naam is ons wins Jesus, u Naam is ons oorlogskreet Ons vaandel, ons evangelie Ons vier die oorwinning, ons almal weet: Jesus, u Naam is ons kreet