F66. Op Vaste Fondamente (RUBRIEK: Kontemporêr – Die Kerk / Geloof) Musiek: AURELIA – Samuel Wesley 1864; gewysig Nellis van Zyl Smit/Neil Büchner, 2004 Teks: Attie van der Colf © 1978 / 2001; gewysig Nellis van Zyl Smit/Neil Büchner, 2004 © MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Nuwe Lof met Louis Brittz) 1. Op vaste fondamente het God sy kerk gebou Apostels en profete het ons dit toevertrou Die Koning van die hemel herskep deur Woord en Gees Verlorenes op aarde dat hul sy volk kan wees Hy roep uit alle volke ‘n volk vir Hom tesaam Een in geloof en werke een in sy heil’ge Naam Hy gee die brood die beker Hy gee die heil’ge doop Om hulle te verseker: Ek het jul duur gekoop Refrein: Ja Hy lê die steen. Hy is die rots Sy fondament is vas. Hy is God O ja, Hy is Ja, Hy is God 2. O Heer skryf in ons harte dat ons dit nooit vergeet Al pynig ons die smarte al martel ons die leed Die kruis van ons Verlosser sluit vergesigte oop In ‘n verwarde wêreld bring dit weer vaste hoop Refrein: