F67. Nader, As My Siel (RUBRIEK: Kontemporęr – Toewyding / Geloof en Vertroue) Teks en Musiek: Louis Brittz © MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Nuwe Lof met Louis Brittz) In die skadu van die Allerhoogste Sal ek steeds my skuiling vind U is naby my, ek kom naby U Soos ‘n boom digby ‘n waterstroom Vind ek my lewe net by U U is naby my, ek kom naby U Nader, steeds nader Ek smag na U, soveel meer van U Nader, veel nader Groei ek aan U U is nader as my siel In die koue van die winternag Voel ek U liefde soos ‘n vuur U is naby my ek kom naby U In my rou as twyfel om my vou Weet ek U los my nooit alleen U is naby my ek kom naby U