F68. Here, Here, Hoor My Bid (RUBRIEK: Kontemporęr – Gebed / Geloof en Vertroue) Teks en Musiek: Louis Brittz © 2005 MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Nuwe Lof met Louis Brittz) Ps 119:58; Ps 55:17; Klaagl 3:56; Ps 144:9 Here, Here, hoor my bid Waar ek skuldig voor U sit Dis swaar op my, ek kom bely Here maak my vry Here, Here, hoor my roep Weer kom skuiling by U soek Teen die storms en teen die wind Wegkruip soos ‘n kind Here, Here hoor my vra Dat U my vandag sal dra Ongeloof wil my beroof Wees ‘n wag voor my Here Here hoor my sing Soos ‘n engel odes bring Maak gereed die bruilofskleed Here hoor my sing Halleluja halleluja halleluja