F6. Heer Jesus, My Redder (RUBRIEK: Kontemporêr – Lof) Oorspronklike titel: Shout To The Lord Teks en Musiek: Darlene Zschech Afrikaanse vertaling: 2005 Jacques Louw © 1993 Hillsong Publishing 1. Heer Jesus, my Redder, Heer, daar is niemand soos U. Laat elke dag, als wat ek doen, volwees van U liefde, Heer. 2. My skuilplek, my trooster, veilige vesting van krag. Met hart en stem, als wat ek het, bring ek aan U ewig eer. Refrein: Kom laat ons juig, kom ons sing voor die Here. Sing van sy mag, van sy grootheid en krag. Berge buig neer en die see ruis saam by die aanhoor van sy Naam. Ek wil U prys, want U is my Skepper. Ek wil U loof en my lewe lank eer. Niks vergelyk met u liefde en sorg vir my.