F70. Lig Vir Die Wêreld (RUBRIEK: Kontemporêr – Getuienis / Diensbaarheid) Teks en Musiek: Louis Brittz © MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Nuwe Lof met Louis Brittz) Maak ons oë oop as ons die nag in kyk Wys ons die hoop wat duisternis laat wyk Gee ons woorde, Heer, waarmee ons wyd kan loop Week ons met waarheid breek ons bekers oop Lig vir die wêreld kom skyn deur ons Skyn in die donker met liefde wat verlos Stuur ons met lewe vol van helder hoop Kom vul ons o Gees om sout te kan wees Lig vir die wêreld kom skyn deur ons Heer ontmoet ons hier woon in ons lofgesang U is die rykdom waarna ons verlang As U lig ons lei ons na die wêreld stuur Seën ons met volheid vul ons met U vuur Kom Jesus skyn laat donker verdwyn Skyn in die nag laat breek die dag Vader salf ons oë raak ons met deernis aan Ons wil U hart vir verlorenes verstaan Laat ons U wyn en melk neem vir dié sonder geld En lewensbrood vir hul wat dit nie kan koop Lig vir die wêreld Kom skyn deur ons!