F71. U Is Vir My Genoeg (RUBRIEK: Kontemporêr – Toewyding / Vertroue/ Votum) Teks en Musiek: Louis & Hettie Brittz © MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Nuwe Lof met Louis Brittz) Uit U deur U tot U is alles in my hele lewe U is die bron van al my vrede Vader, U is vir my genoeg Elke hartklop elke asem elke oomblik van my lewe Elke vreugde elke rede om te lewe kom uit U Al my gawes al my drome my voorspoed en oorwinnings Al my kragte dae en nagte vol genade kom uit U Elke dankie elke loflied elke amen halleluja Elke woord wat U verheerlik elke offer is vir U Al my gawes al my drome my voorspoed en oorwinnings Al my kragte dae en nagte vol genade kom uit U U is vir my genoeg!