F72. Ons Glo! (RUBRIEK: Kontemporêr – Geloofsbelydenis) Teks en Musiek: Louis Brittz © MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Nuwe Lof met Louis Brittz) Ons glo as ons struikel dat ons op kan staan Ons glo in U liefde soos ‘n oseaan Ons glo in genade soos die see ‘n Stroom van vergifnis sleur ons mee En ons bely Ons glo dat die Herder sy kudde lei Ons glo dat die Leidsman die weg berei Alwys alwetend onsienlik Heer Onmeetlik sterke Verlosser Heer Ons glo! Ons glo daar’s ‘n more na die donker nag Ons glo aan ‘n bruilof wat die bruid inwag Ons glo in vervulling van die Woord In Christus oorwinnaar oor die dood En ons bely Ons sing omdat ons glo Aanbid omdat ons glo Bely dit dat ons glo Ons loof U want ons glo Alwys alwetend onsienlik Heer Onmeetlik sterke Verlosser Heer Ons glo!