F74. Ek Wil Die Here Dien Met My Lewe (RUBRIEK: Flammekids – Diens en Getuienis) Teks en Musiek: Soekie Rautenbach © 2003 MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op God is groot) Refrein: (x2) Ek wil die Here dien met my lewe want Hy alleen is God 1. Hy’s die enigste pad na die Vader toe Hy’s die Waarheid en die Weg Daar is niemand anders wat lewe gee Sy Naam is Jesus Refrein: (x2) 2. As ek bang is, is Hy daar vir my As dit donker is, Hy’s die Lig As ek alleen is, is Hy my vriend Sy Naam is Jesus Refrein: (x2) 3. Vir die blindes sal Hy die pad kom wys Vir die swakkes sal Hy help Vir die siekes sal Hy genesing bring Sy Naam is Jesus Refrein: (x2) 4. Vir die sondaar wil Hy verlossing bring Die gevangenes laat Hy vry Die wat hartseer is, sal Hy vertroos Sy Naam is Jesus Refrein: (x2)